.
Hier is sommer so iets oor elkeen van ons gesin. Op hierdie blad is ek en Annemarie en ons twee kinders, Mari en Johan.

As jy wil sien hoe lyk die ander klomp volg net die skakels. Oupa Das en ouma Nanie. Lees sommer daar oor hulle 50ste huweliksherdenking. Ons het almal in die Cardoso Hotel in Maputo ingeboek - daar waar hulle twee honeymoon gehou het.

Dan is daar Retha en Frik, Alida en Errie, Alex en Nicolien en Koos en sandra.

 

 

skoolkonsertJOHAN
Adjunkhoof by Hoërskool Centurion Die foto hierlangsaan is tydens 'n personeelkonsert
geneem. Ek het my ou Hugenote skoolbaadjie aan. Ek is die "webmeester"
van barkhuizen.co.za. My nuutste belangstelling is vlieghengel. Tussen 1992 en
1998 het ek ook 6 Comrades marathons voltooi. 'n Mens sal dit nou nie juis sê as jy
na die baadjie kyk nie, nie maar ek gym al darem weer
.

Ek het saam met Annemarie 'n M.Ed in volwasse onderrig gedoen. My navorsing het oor transformatoriese leer gehandel.

En dan is daar die familiegeskiedenis van die Barkhuizens waarmee ek al baie jare besig is . Daar is seker nou so 4000 name op die register.

 


ANNEMARIE
Annemarie is departementshoof Afrikaans by Hoërskool Voortrekkerhoogte. Sy het haar M.Ed navorsing oor onderrig en leer in 'n ABET sentrum gedoen. Sy is werklik 'n kenner oor onderrig en leer.

Ons het saam in 1998 die Comrades voltooi.
Annemarie het drie susters: Ella en haar man Jaco bly is Pretoria, Madri en Paul is in Port Elizabeth en Hester en Hein is
ook in Pretoria.




MARI
Mari en Johan is getroud en bly in Lyttelton. Ons is BAIE opgewonde want hulle verwag hulle eersteling, 'n dogtertjie, in Julie 09.

Johan het sy eie besigheid en Mari werk tans by 'n eiendomsontwikkelaar in Midstream.

 

JOHAN

Graad 12 by Hoërskool Centurion. Rekenaarspeletjies is sy kos.
Dan natuurlik ook lees. Ek dink hy was een van die eerste mense in Suid-Afrika om Harry Potter te lees. Hy het sy eie bladsy waarop hy sy indrukwekkende leeslys en sy gunstelinge het.